Tony is vroeg hier om te kyk hoe dit gaan. Gelukkig het niks deur die nag verkeerd geloop nie, en kan hy vanoggend net die televisie instel. Daar is glo net een kanaal waarna ek kan kyk wat die gratis kanaal is, al die ander kanale moet jy voor betaal, maar omdat die eienaars nooit hier op die eiland is om van die diens gebruik te maak nie, is dit nie in gebruik nie . Maar ek is tevrede dat ek ten minste iets sal kan sien. Wat die Kanaal bied, sal ek nog moet uitvind.
Tony noem aan my genoem dat hy nou ‘geen meer seggenskap’ het oor die werkers nie en dat hy dit nou aan my oorlaat as die bestuurder van die plantasie. Dis nou my verantwoordelikheid om na al die werk om te sien en om die personeel en hul sake te behartig.
John is weg met sy graaf na die oorkantste eiland om ook daar monsters van die grond te neem terwyl ek afstap na Koromotua om te gaan kyk wat die werkers doen. Soos gewoonlik is Noko gereed om my Vara te voer. Ek stap terug en besluit om gou na die boot te loop aangesien dit amper middagete is en ek tog net wil groet voordat Tony en John vertrek. Maar groot is my verbasing toe John my bel en se dat hulle ‘n paar seemyl van die eiland is en dat hulle reeds vertrek het. Sjoe, dink ek, mens groet tog eers voor jy vertrek, nie waar nie? Beslis nie ons ‘dam se eende’ hierdie nie - soos Leona sal se.
Ek voel opgewonde oor alles en bid die Here dat ek tog net my werk sal kan doen na die beste van my vermoe. Ek is maar ’n stadsjapie en weet nie veel van baie van die werk wat my opgele is nie. Maar met Sy hulp en krag weet ek sal ek dit kan doen.
Die aand is alles stil en donker en die maan skyn so oor die see, skryf ek op my Facebookprofiel :
Ek luister na Tol&Tol en drink ‘n glasie wyn terwyl ek kyk na die nuwe maan wat oor die baai skyn. Ek skryf verder dat ek verlang na iemand… (met baie dotjies agterna)
Net voor ek in die bed klim, lees ek die reaksie op my muurskrywe en ander boodskappe wat intussen deurkom.
Erika skryf : Me
Gary : your friends
Ernest : me me me me me
Isabelle : Us
Ja dink ek. Dit sal baie lekker wees om iemand hier by my te he wat dit saam met my kan geniet, of sommer net iemand vir geselskap. Dis vreeslik alleen en moet ek myself maar besig hou met allerhande dingetjies, al het ek lankal reeds geweet waarvoor ek my inlaat.
In die middel van die nag skrik ek wakker van geluide vanuit die kombuis. My hart ruk sommer so en ‘n gedagte kom by my op dat iemand dalk in die huis is alhoewel al die deure toe is maar nie gesluit nie. Ek neem my pieperige flitsliggie en treetjie vir treetjie loop ek na die kombis. Dis tjoepstil en niks of niemand hier nie. Ek sien die koekie seep op die grond le en tel dit op en sit dit weer op sy plek. Vreemd, dink ek.
Die volgende oggend is ek vroeg wakker en maak moerkoffie om op die stoep te sit en drink. Maar vanoggend le ek in die hangmat en drink my koffie terwyl ek na die mooi sonsopkoms daar ver oor die Stille Oseaan kyk.
Erika skryf later : steeds onwerklik en sal moet kom kuier om te besef hoe werklik dit is.
Dit laat my dink aan die fliek ‘Out of Africa’ en die setlaars wat jare tevore die onbekendes ingevaar het opsoek na nuwe werelde en plekke om te bly. Dit moes nie maklik gewees het nie, want wat kon hulle als met hul saamneem? Die minimum, dink ek. En dit wat hul met hul saamgebring het was ook maar net die nodigste om te kan oorleef vir ‘n kort tydperk tot hul ‘n plek gevind het om te bly.
Tania skryf op my Facebookmuur :You go Livingston!
Die werkers is almal klaar gewerk, en soos gewoonlik gaan ek na Noko en Ema vir my daaglikse middagtee. Sy is nie tuis nie en se Noko aan my dat hy haar moet gaan haal in Mavana, ‘n village verder suid op die eiland. Ek vra of ek kan saamgaan aangesien ek dan ietsie meer van die eiland sal sien terwyl ons in die klein bootjie om die eilandgroep vaar. Hy is tog te bly want nou kan sy ‘manager’ sien waar sy vrou eintlik vandaan kom.
Avinash kry diesel wat in een van die grotte weggesteek is en gooi dit in die boot se enjin. Ek, met my kamera in my hand, is ook op die klein bootjie, wat volgens my net sowat 8 mense kan vervoer. Ons is met ‘n vaart hier weg en is hier ook geen golwe in die baai nie. Ek neem foto’s so ver ons vaar. Na ‘n kort rukkie is ons uit die baai en vaar ons langs die eiland verby. Die see is egter hier nie so rustig nie en stroom groot golwe na ons aan. Avinash trek weg met volle vaart en met tye trek die bootjie deur die lug om met ‘n harde plons terug op die see te land. My ingewande voel of alles wil uitval en klou ek met alle mag en krag aan die sitplek sodat ek nie ook deur die lug trek nie. My stuitjie voel seer, maar smile ek elke keer en neem foto’s so ver ons vaar. Ek gee moed op want ek kry nie die kamera se fokus reg nie omdat die boot heeltyd skud en deur die lug trek, en ook omdat die sproei van die water op my lens beland. Noko het iewers ‘n stuk plastiek gekry wat hy so oor hom trek met net sy koddige gesiggie wat uitsteek sodat hy nie te nat word van die water nie. Genade dink ek, g’n ordentlike mens sal so ’n boortit oorleef nie? En wat gaan ek maak wanneer mense vir my hier op die eiland kom kuier? Hulle sal dit mos nooit oorleef nie?
Ons het sowat 20 minute deur hel moes gaan (volgens my), maar kom ons by die village van Mavana aan. Dank die Vader dink ek, ten minste is ons nou veilig en is my gebede beantwoord want ek het lanklaas so hard gebid soos op hierdie bootjie, al het dit dalk vir Noko en Avinash gelyk of ek heeltyd smile. Elke keer as ek na hulle kyk, dan smile hulle terwyl ek moet vasskop om my balans te hou in ‘n bootjie wat opvul met liters en liters water en oor my voete spoel. Die gedagte het by my opgekom toe Jesus onder in die skuitjie aan die slaap was en die dissipels gedink het hulle gaan vergaan. Ek kan net dink waardeur hulle moes gaan, want glo my, jy moet baie versekerd van jouself wees om op so ‘n bootrit te kan slaap, want dit kan nogal angswekkend wees.
Hier in Mavana is ‘n varswatermeer aan die noord-oostelike gedeelte en word dit deur die inwoners as heilig beskou. Geen persoon word hier toegelaat nie en word daar slegs eenkeer per jaar ‘n seremonie hier uitgevoer. Enige persoon wat die plek sou betree, sal glo nooit weer kan slaap nie, en indien jy uitgevang word om die plek te besoek, sal die bewoners jou agtervolg en doodmaak.
Mense van die village asook mense van ander streke en selfs so ver as New Zealand en Australie, neem hier deel aan die jaarlikse visvangs wat deur die tradisionele priester gereel word. Die mans en vroue werk blare aanmekaar wat dan as ’n romp dien en wat hulle om hul lyf vasmaak aangesien jy nie met iets anders as net die blare-romp in die water mag gaan nie. Die vrouens spring dan in die water rond sodat die vis wat net hier te vinde is, - volgens hulle - kwaad kan word en in die lug spring, en wat die mans dan met hul nette vang. Die bewoners glo ook dat die manlike visse aangetrokke voel tot die vrouens is en kan daarom dus maklik in die nette gevang word.
Dit word ook vertel dat ‘n Tongaanse prinses oor die eiland gevlieg het om vir haar ‘lover’ te gaan kuier op Taveuni, ‘n ander buureiland, en toe die visse hier in die meer laat val het.
Ek stap by die village se winkeltjie in om so paar eetgoedjies vir my te koop om terug te neem na Nabavatu Village waar ons bly. Dis donker in die winkel wat net een rak in die middel van die winkel het. Ek moet mooi kyk wat alles op die rak is sodat ek nie volksvreemde goed neem nie. Maar hier is geen groot verskeidenheid nie, net die uiters noodsaaklike dinge. Ek soek vir sjokolade en ander lekkernye, maar vind niks as net suigstokkies nie. Daar word hier geen ander lekkernye verkoop as net suigstokkies en tjappies nie. Die meisie skryf alles per hand op en doen haar berekeninge. Dis net ietsie oor die 28 FJD wat sowat R100 is. Nogal duur dink ek vir wat dit is, en ook vir die feit dat ek alles met vier moet maal weens die Rand / Fiji Dollar wisselkoers. Sy vra verskoning dat hulle geen plastieksakke het nie maar vind tog 2 ander tipe sakkies om my goed in te verpak. Avinash vra of hulle nie ‘n boks het sodat alles daarin gesit kan word nie aangesien ons per boot moet terug.
Intussen kom meer mense by die winkel aan om te kom kyk na die nuwe ‘manager’ van Nabavatu Plantasie en hoor ek so tussendeur die pratery ; Tsak, en dan die herhaling deur die ander persoon, Tsak, wat probeer om my naam te kan uitspreek.
Ek neem ‘n foto of twee van ‘n gedenkplaat by ‘n gemeenskapsaal net verder, en hoor skielik my naam : Tjaat (sonder die ‘r’) hello, how are you? Die meisie kom nader en sien ek dat dit Josephine is, die 14 jarige dogter van Noko en Ema. Ag, en sy loop so met volle bors vooruit terwyl al die mense na ons kyk, so asof sy wil se : 'Ag ek ken hom tog', hy is ons ‘manager’.
Die son is intussen onder maar is dit skerp skemer. Ek en Ema en die twee dogters sit reeds op die bootjie terwyl Noko later inspring. Avinash het die bootjie die waters ingestoot tot waar hy die enjin kon laat sak, ingeklim en kon ons verder vaar. Die enjin sukkel om te vat maar seil ons die klein hawetjie uit. Ek sit in die middel van die dwarssitplek en kyk agtertoe, terwyl Ema (wat ietwat aan die swaar kant is) aan my linkerkant sit. Josephine en Priscilla sit aan my regterkant terwyl Noko regs agter van my sit. Avinash sit agter in die middel omdat hy die stuurman is. Skielik tref ons bootjie se skroef iets en gaan die enjin staan. Ag Liewe Here, dink ek, nie nog dit ook nie! Hier in die middel van die see, ver van die kant van die eiland, en ek kan nie eens swem nie! Wat van my kamera? Ema skree verwoed in Fijiaans, maar al wat ek kan uitmaak is ‘Binas’, die naam vir Avinash. Dan tref ‘n golf ons en moet ek vasskop soos ‘n steeks donkie. Here help my, dink ek elke keer. ‘Binaaaas!’, skree Ema weer, dan slat ‘n ander golf ons bootjie weer. Sy sit en tuur in die donkerte so op die watervlak en kyk na enige donker aanrollende golwe sodat sy vir Avinash kan waarsku en hy dan net die bootjie effe draai sodat die golf ons nie te hard tref nie en ons so saam met die golf kan ry. Intussen het Noko vir Priscilla gekry om agter te gaan sit sodat daar meer van ‘n gewigsbalans op die bootjie is. Josephine het nie ‘n saak met ons nie en is net doenig met haar selfoon wat sy elke nou en dan aan haar ma gee. Duidelik is sy nie bang nie, dink ek.
Dan tref ‘n golf ons weer en spat die water in die bootjie. Noko skep verwoed water uit die bootjie met sy emmertjie, net om deur ‘n ander golf opgevul word wat in die bootjie breek. Here van genade, dink ek en kyk steeds agtertoe, amper soos ‘n volstruis wat sy kop in die grond druk, terwyl al die ander na vore kyk. Ons word verskeie kere deur ‘n golf getref wat die bootjie met water vul. Kort-kort se Ema aan my dat sy bang is vir die see terwyl Noko steeds verwoed en sonder ophou water uit die bootjie skep. Dis donker en het ons net die sterre wat ons pad van water verlig, terwyl Avinash ook die silhouet van die eiland dophou sodat ons nie te naby daaraan kom nie en sodoende ‘n koraalrif tref nie. Dit voel na ‘n ewigheid maar kom ons na sowat 90 minute in veilige hawens aan, Nabavatu se hawetjie. Die bootjie tref skielik rotse met ‘n helse slag en kom tot stilstand. Wat nou, vra ek? Ons is hier, se Ema. 'Thanks God', voeg sy by. Ja, dank die Here, want nie weer vaar ek in die nag op die donker see nie. My senuwees sal dit nooit hou nie!
Die bootjie word afgelaai en dra Avinash my boks met kruideniersware. Ek het iemand anders se mandjie en loop ons die 271 trappe uit na bo. Avinash hardloop met al die swaar bokse na bo en kry ons hom later waar hy op sy rug le en op ons wag. Al blasende en met net my klein flitsliggie, kom ons by die village aan.
'Some tea', vra Ema aan my. 'Yes thank you', se ek terwyl Noko ‘n stoel nader trek vir die ‘manager’ terwyl al die ander op die grond sit. Ek wil nie so verhewe edelman voorkom nie en sit op die grond, ‘Fijian style’ soos Ema elke keer vir my se. Sy wil nie he ek moet loop alvorens ek nie van die kos geeet het wat sy van haar village af gebring het nie. Vandag se gereg bestaan uit vis en ‘n tipe knol (so iets soos ‘n patat) wat in ‘n Lovo gaargemaak word maar wat vir my eerder na koue vark- of skaapvet proe. Daardie gevoel van as jy in vet byt en jou tandmerke bly daar agter vassit - daai soort smaak. Nie sleg nie, maar nie iets wat ek elke keer sal wil eet nie.
By die Homestead aangekom beskryf ek kortliks my boottrip waarop party vriende reageer :
Nicola : Bahahahahahaaaaaaaaaa, that is so funny
Tania : en was jy kalm
Anton : Was jy ‘n (non)-paying passenger of het jy ook ‘n job gehad op die boot
Erika : Histeries
Gary : Sterkte
Ek antwoord Anton dat ek die job gehad het om te bid dat ons nie sou vergaan nie waarop hy terug antwoord dat ek bly moet wees my naam is nie Jona nie
Nicola : I am now doubting putting Fiji on my list of places to visit before I die. Seems there’s a very good chance of me dying while there.
Ja, dit is 'funny' as ek nou agterna aan dit dink. Maar glo my, ek het seker 'n jaar se gebede opgese in daardie 90 minute!
O my liewe genade!!! ;-)
ReplyDelete