EILAND 'WISH LIST'

  • Naalde - verskillende diktes - om gaatjies in sade te druk om die vislyn deur te ryg.
  • Klein en groterige sker, asook een met ‘n riffel lem wat gebruik kan word om kaartjies te sny vir ‘n riffelrand effek
  • Verskillende kleure en dikte lint - om strikkies te maak vir die kaartjies as versiering
  • Verskillende kleure en grootte kraletjies wat in die maak van juwele gebruik kan word tesame met die sade
  • Hakies om die stringetjie krale vas en los te maak
  • Enige ander versierinkies wat in die maak van juwele gebruik kan word
  • Bostik of ander sterk gom - hier is slegs ‘glue stick’ beskikbaar en geensins vir die doel waarvoor ek dit wil gebruik nie
  • ‘n ’NT Cutter’ met lemmetjies vir die sny van papier
  • Waterverf vir die verf van motiewe op die papier vir kaartjies
  • Kalligrafie pennestel - vir myself wat ek kan gebruik om sierskrif op die kaartjies te doen
  • Kleurkryt en ander inkleur potlode
  • Plakkertjies wat gebruik kan word op die kaartjies
  • Wit harde papier om kaartjies te maak. A4 of A5 groottes
  • Wit koeverte - verskillende groottes aangesien hier slegs een soort is maar wat ook nie wit is nie
  • Kleefband asook maskeerband en enige ander sterk band wat ons kan gebruik om die boekies mee vas te plak en te bind
  • Enige grootte hardeband boekies wat ons kan oortrek met die vlas van die kokosneutboom asook met die blare wat hier beskikbaar is
  • Dekoratiewe en gekleurde papier of selfs papier met prentjies op


Enige iets anders waaraan jy kan dink wat nie genoem is nie!


Dan het Ema my gevra of daar enige iemand is wat vir haar oogskadu en ander mooimaak goedjies kan stuur. Sy het nog net op foto’s gesien hoe dit lyk.


Priscilla weet nie wat dit is om met ‘n pop te kan speel nie en weet ook nie hoe een lyk nie. So ek sal baie graag iemand wil he wat vir haar so iets kan stuur


Josephine is 14 jaar oud en weet ek nie wat kinders van daardie ouderdom benodig nie


JOSEPHINE, PRISCILLA & EMA



Dan indien daar mense is wat ou klere wil skenk vir die mense. Dit kan seepos gestuur word wat die koste sal verlaag, al moet ons nou 3 maande vir dit wag. Soos ek se, Priscilla is 10 jaar oud, Josephine 14 jaar.


Klere vir die mans wat klein gebou is en in ‘n grootte 30 en 32 broek sal pas.


Hulle het so min want baie dinge word hulle hier ontneem en kan hul maar net droom van dit wat ek en jy weggooi.


So enige iets wat jy nie meer gebruik nie, selfs ‘n ou selfoon, sal baie waardeer word. Glo my, ek huil soms in my binneste as ek sien waarmee hulle moet klaarkom, of is dit, nie klaarkom nie.

Baie, baie dankie!

My adres is soos volg :

Tjaart Herbst
Manager of Nabavatu Plantation
PO Box 24
Lomaloma
Vanuabalavu
Lau group of islands
Fiji