Sunday, July 18, 2010

Twee weke van nou af

Ek het vannaand heerlik in die bad gele en dink aan alles wat vorentoe gaan gebeur. Met 'n glas Franse Champagne in die hand en gerookte mossels op Italiaanse broodjies, het ek soos 'n wafferse edel heer gevoel.

Ek sien so uit na my nuwe lewe op die eiland en kan nie wag om daar te wees nie. Soms voel ek egter skrikkerig vir die onbekende, maar ek weet dat my hemelse Vader vir my hierdie deur geopen het. Toe alles donker en onseker was vir my, het Hy die onmoontlike moontlik gemaak. Daarom glo ek dat hierdie ook maar net 'n "stepping stone" is na iets beters.

Ek weet nie wat vir my voorle nie, maar ek gaan in goeie geloof dat ek wel 'n sukses sal maak van wat van my verwag word om te doen op die eiland. Maar ek sien ook geweldig baie uit om die twee dae in Sydney deur te bring. Indien ek geweet het of vroeer daaraan gedink het, het ek langer in Sydney aangebly om net meer van die plek te kon sien. Maar wie weet? Eendag is ek dalk weer daar en kan ek langer bly.

No comments:

Post a Comment