Wednesday, July 21, 2010

Toya, my liefste kat!

Vanoggend vroeg het Toya my wakker gemaak, so asof sy geweet het dis haar laaste oggend by my. Sy het vreeslik met my gepraat en het ek haar die versekering gegee dat ek baie lief is vir haar en dat sy baie lekker gaan bly by die nuwe mense. My hart was so seer, want hier gaan my liefste kat nou weg, en weet ek nie of sy goeie behandeling gaan kry of nie. Maar dis my enigste uitweg. Sover het nog net een ander vrou my gebel om navraag te doen oor Toya.

Dit was vir my baie erg om afskeid te neem hier by die huis. Sy het besef dat iets aan die gang is en het weg gehardloop elke keer as ek naby haar wou kom. Eindelik is ons in die kar en het ek haar na Shereen geneem waar Toya nou gaan bly.

Ons het lank in haar kamer gesit en gesels en Toya dopgehou waar sy aan alles geruik het. Die bediende het ook ingekom en my verseker dat Toya ‘n baie lekker lewe sal hĂȘ, afgesien van die ander 13 katte en 5 honde. En soos Shereen my vertel het, is elkeen van die diere, diere wat hulle iewers opgetel en kom versorg het, of van mense wat oorsee gegaan het wat nie meer na hul diere kan omsien nie.

Ek was tevrede en het daar weggery met die wete dat sy ‘n goeie huis gekry het. Voor ek Fiji toe gaan, sal ek weer gaan kuier en net met haar speel, en hoor wat ‘sy my te vertelle het’ oor haar nuwe huis.

Ek gaan haar baie mis!

1 comment:

  1. ai man jy laat my nou huil!!! ek kan net dink hoe swaar dit vir jou moes wees!!!

    ReplyDelete