Thursday, September 2, 2010

Die eerste paar dae op die eiland

23 Augustus 2010

Ons het vroeg opgestaan die oggend, en net na ontbyt wat ons op die boot genuttig het, het ons weer die stywe bult aangedurf. Ek blaas nog soos ‘n stoomlokomotief maar dit gaan al beter. Kort-kort moet ek stop om water te drink, want ek sweet verskriklik en die hitte van die son maak dit nog erger. My klere is sopnat teen die tyd dat ek bo kom en lyk dit of ek uit ‘n swembad geklim het. Hier kan jy nie waag om tweekeer agtermekaar ‘n hemp aan te trek nie! Dit gaan reguit was toe na elke dag se gewoel en werskaf.

In die ‘Homestead’ is Tony besig om alles reg te maak vir my verblyf en om alles gerieflik te maak sodat ek nie te veel van ‘n kultuurskok sal ervaar nie. Intussen ry hy ook op die ‘quad bike’ rond om na die werkverrigtinge erens anders op die eiland om te sien.

John het ‘n graaf saamgebring sodat ons monsters van die grond kan neem wat hy dan in Suva gaan indien vir analisering. Dis alles om te bepaal waar die beste plek gaan wees om Sandalwood aan te plant, asook Teak (verskoon as ek Engelse woorde gebruik, ek kan nie altyd aan die Afrikaanse woorde dink nie). Vyf gate van elk sowat 40cm diep moet gegrou word waarna die volgende 20cm se grond geneem word as monster.

Hy het die eerste gat gegrawe en ek het gewonder of ek hom moet help, maar later ook my deel gedoen en die volgende gat gegrawe. So het ons beurte gemaak maar was van die plekke maar moeilik om te grou omdat die grond hard en soms klipperig was. (Die gedeelte van die eiland het baie vulkaniese rots, en is hier ook baie 'limestone' te vinde). My hand het intussen ‘n blaas gevorm maar het ek steeds aanhou grou. Ek is nie gewoond aan sulke werk nie want ek was ‘n boekhouer van beroep. Maar ek het dit geniet en so tussendeur aan die werkers gedink wat elke dag in die bloedige son moet arbei en besluit ek sal met ‘nuwe oe’ na hulle kyk.

Terug by die huis het ek gou op my foon se internet funksie gegaan om weer eens my status op te dateer. Ek skryf dat hier nie behoorlike internet op ‘Paradise’ is nie waarop Tammy toe antwoord dat mens nie internet nodig het as jy in ‘paradise’ is nie. Maar glo my, as dit die enigste manier is vir kommunikasie met die buitewereld, dan wil jy graag iets he wat vinniger is. Iets wat nie 20 minute neem om op ‘n webtuiste te gaan, of meer as 2 ure neem wanneer jy ‘n foto wil oplaai nie. Maar hier op die eiland is daar net een kommunikasietoring wat aan een diensverskaffer behoort, en afhangende van die weer of wind, het jy nie altyd ‘n sein nie. En as jy nie aan daardie diensverskaffer behoort nie, (soos ek) het jy ook nie altyd toegang tot ‘n sein nie.

Aan huis van Noko en Ema, het ons tee gedrink uit bekers, terwyl hulle dit op die Fijiaanse manier drink - in ‘n kleinerige bakkie. Sy het ook aan ons ‘pannekoek’ gegee om te eet, maar dit het eerder vir my na ‘n klein vetkoekie gelyk en geproe. Nogal lekker, veral as jy honger is na die dag se stappery.
John het klomp vrae aan hulle gevra terwyl Ema meeste van die tyd antwoord aangesien Noko se Engels nie baie goed is nie. Eweskielik uit die bloute se Noko aan my : “Here your wife...., I give you daughter for marry” . Die arme kind het nie geweet hoe om haar verleentheid weg te steek nie, want hier gee haar pa haar so pas weg aan ‘n vreemdeling wat sy nie eens ken nie. Ek het maar net gelag want ek besef sy is nog net ‘n kind en daar is geen manier dat ek met hierdie 14 jarige meisie kan of sal trou nie. Al is dit nou tradisie hier in Fiji om jou dogter so weg te gee, is ek nie deel van dit nie. Genade, ek wil nie ‘n vrou en kind terselfde tyd grootmaak nie! Hahaha.

24 Augustus

My spiere is nie seer soos ek gedink het dit sou wees na al die loop van die afgelope paar dae nie, maar my voete is tog seer en voel dit of my voete nie meer wil oplig nie. Maar ek moet by John kan byhou wat met sy lang bene sulke laaaang tree gee terwyl ek met my ‘stompe’ agterna hardloop. Ons is hoeveel maal die bult op en af, op en af, en skryf ek op Facebook dat ek sekerlik die mooiste bene gaan he na my tyd hier op die eiland. Nie dat ek lelike bene, of sal ek se, kuite het nie, maar ek dink te veel van ‘n goeie ding is ook nie goed nie. En om elke dag ‘Kilimanjaro’ te moet uitklim is ook nie helemal my idee van mooi bene kry nie.

Later toe ek weer toegang tot die internet kry, lees ek almal se kommentaar :
Johan-Jaco se dit word Island-legs genoem. Beautiful to look at but cannot carry you far. (ha, hy ken beslis nie hierdie Suid Afrikaanse boertjie nie! Ek is ‘n nimmereinder! My pa se gene kom deesdae sterk na vore al het ek gedink ek aard meer na my ma)
Nicola skryf : ‘Wolf whistles’
Erika : ‘sounds so worth it’

Ek en John is van die eenkant van die eiland na die anderkant. Hy self erken dat hy nog nie op baie van die gedeeltes was wat ons so bespied nie en dat dit ‘n goeie manier is om sommer die plek te leer ken. Maar elke keer as hy koers inskiet tussen die ruigtes en bosse in, dan bid ek net vir krag en genade, want soms ‘verdwyn’ hy net terwyl ek maar voort ploeter tot ek hom weer iewers kry.
Soms kry ek nie my bene opgelig nie, en moet ek letterlik draaie loop om sodoende nie oor die boomstompe en dinge hoef te klim nie. Menigmaal moes ek myself uit ’n web van ‘n spinnekop vrywaar, want ek is tog te bang een loop hier op my en ek weet nie van dit nie. (lekker ou bangbroek maar gelukkig sien niemand my as ek sulke bokspringe gee om als van my af te skud nie) Van die drade is so sterk, dat wanneer dit breek, dit so ’n ‘ping’ geluid maak, amper soos die snaar van ‘n kitaar.
Gelukkig is hier nie dodelike insekte of gediertes soos skerpioene en gifting slange nie, so mens kan eintlik vrylik rondloop sonder om bang te wees. Die slangspesie wat wel hier op die eiland te vinde is, is gelukkig ook nie giftig nie.

Ons is kort-kort by Koromatua om te kyk hoe die werk vorder en hoeveel olie hulle gepars het. Noko is elke keer so vriendelik as hy my sien en voer my net Vara en is tog te bly as ek nog een wil he wat hy dan vir my uithaal. (Ek dink hy wil my net beindruk sodat ek dit tog sal oorweeg om met sy dogter te trou - hahaha) Die man lyk so verwaarloos en staan sy snor stokstyf na vore, om nie eens te praat van sy tande wat soos ‘sterre’ lyk nie. Nie dat dit so blink nie, maar dat dit so ver uitmekaar is! Shame, lyk my die lewe het hom ook maar nie altyd goed behandel nie, soos baie van die eilandbewoners. As dit nie uitbuiting is van werkgewers nie, dan is dit siklone en storms wat skade aan hul eiendom en landerye doen. Die een sikloon wat die meeste skade hier op die eiland aangerig het, was Tomas. Die het in Maart vanjaar hierdeur getrek en miljoene dollars se skade aangerig. Al wat die regering gedoen het, was om vir elkeen ‘n sakkie rys te gee as vergoeding. Baie is ongelukkig hieroor want hulle het nie die finansies om weer hul lewens op te bou nie, en dit nadat die regering soveel hulp beloof het aan die wat skade gely het.

25 Augustus 2010

Vroeg die oggend is ek en John weer die bult uit tot by die Homestead waar Tony weer besig was om dinge reg te maak. Hy het genoem dat dit dalk goed sal wees as ek die eerste aand hier sou slaap terwyl hulle nog in die hawe vasgeanker is want indien daar probleme opduik, kan hy dit nog die volgende dag kom regmaak voordat hulle weer terug vertrek na Suva. Ek was baie bly want ek wou nie meer op die boot slaap nie. Ek wou ’my eie’ plek he.

Ek het sommer dadelik aan die werk gespring en die kombuis begin skoonmaak asook om al die skottelgoed te was. Ek gaan tog immers hier bly en moet dit mooi, netjies en skoon wees. Tony het genoem dat dit goed is as die huis weer vir ‘n slag ‘spring cleaning’ kry. So tussendeur het ek aan my meubels in die stoor in Suid Afrika gedink en gevisualiseer hoe dit in die huis sou lyk, en hoe dit in ‘Vale Pinky’ sou lyk. (spreek dit uit as Wale Pinky)

Vale Pinky is die huisie in die kokosneutplantasie wat eintlik vir die bestuurder gereserveer is. Dis te oulik en kyk uit in die rigting van al die ander werkers se huisies wat hier ‘Bure’ genoem word (spreek dit uit as boere) Dis egter baie verwaarloos en gaan dit baie kos om reg te maak. Dit staan op houtpilare aangesien dit teen ‘n skuinste gelee is, maar ook sodat die reenwater nie die huis kan instroom as dit reen nie. Dit het ‘n kleinerige balkon, een groot vertrek wat die kombis, eet- en sitkamer insluit. In die een hoek is die stort en toilet, en in die ander hoek is die slaapkamer. Groot genoeg vir al my meubels! (dis nou die meubels in Suid Afrika)

Ek het besluit om aandete voor te berei vir Tony en John voordat hulle die volgende dag vertrek. Dalk kan ek met dit wat ek in die koskas het, vir hulle egte boerekos maak wat hulle nie gou sal vergeet nie. Ek het ‘n heel hoender gestop met rys, uie en boontjies in tamatiesous, en dit in die Weber gebraai. Ek het wortelslaai en Mash potatoes gemaak. Sjoe, ek het behoorlik uitgehaal, maar bietjie gesukkel met die Weber se vuurtjie wat net nie wou brand nie. Maar aan die einde van die dag was die kos gereed, en tesame met John se pastagereg van die middag, het ons behoorlik weggele aan al die kos. Nie soos ek wou gehad het nie, maar hier op die eiland gebruik jy maar wat beskikbaar is.

Tony is weg om op die boot te gaan slaap terwyl John die matras op die solder gaan afhaal het om buite op die stoep te slaap. Hier is dit baie veilig en kan mens nog met al jou deure en vensters oopslaap in die nag. Maar komende van Suid Afrika, kan ek nog nie aan daardie idee gewoond raak nie en maak ek als vroegaand al toe. Hier is 6 deure wat op die stoep oopmaak, en wanneer die eienaars hier is, word hulle nooit toegemaak nie omdat dit glo baie veilig is.

Wednesday, September 1, 2010

My eerste dag op die eiland

Die oggend vroeg het ek opgestaan na ons op die boot oornag het. Tony is al vroeg op en aan die gang en is boontoe met die ‘quad bike’. Willy het vuur gemaak iewers in die bos om van die vuilgoed te verbrand. Ek het paar foto’s gaan neem en gewag dat John moet opstaan sodat ons aan die gang kon kom. Ek is immers nou hier en wou met alle mag en geweld begin met my werk.

Ons het die bult begin uitstap na die ’Homestead’ daar bo. Ek het soos ’n stoomenjin geblaas en kort-kort moes ek water drink aangesien ek ook nog sopnat was van die sweet. John het so fiks voorgekom en kon ek hom nie hoor ’stook’ nie. Groot was my verbasing toe ek wel by hom kom en hoor dat hy ook blaas van moegheid. Dit het my sommer weer moed gegee om verder te stap.
Die uitsig van bo was net so ongelooflik mooi en skryf ek op Facebook : ''Al wat ek kan se is WOW!'' Later het Anne-Marie hierop gereageer deur te se : ‘watching the space in anticipation’.

Ek en John is af na die village van Nabavatu waar ons die kinders van Sitima en Ema gekry het. Die oudste dogter van 14 jaar is nogal mooi, maar sy het glo met die vorige bestuurder, weggeloop om saam met hom te gaan bly. Hy was ’n getroude man en is later deur Tony afgedank. Weens sy seksuele aktiwiteite met die kind, het hy in die tronk beland. Sy vrou was glo verslae, maar het toe haar werk hier bedank om hom in Suva waar hy in die tronk is, te gaan ondersteun. Ai, die wel en wee van die mensdom darem!

Ons is na Koromatua wat die plek is waar die werkers die kokosneute bewerk en verwerk. Ek het almal daar ontmoet - Avinash, Tirovi, Para, Misa junior, Ema en Noko (sy doopnaam is Sitima) Almal het vriendelik gegroet en het ek gekyk hoe Para eerstens die kokosneut se beskermde buitelaag afhaal deur dit op ’n skerp voorwerp te kap en so al in die rondte te beweeg totdat die klapperhaar en dop verwyder is om by die ronde neut uit te kom. Daarna het Avinash die kokosneut oopgebreek deur dit met ’n panga te kap terwyl hy dit in sy hand vashou. Hy moet ’n geoefende hand he want een miskap, en sy hand is af.

Dan neem Noko en Misa die oopgebreekte neut en ‘grind’ dit, sodat dit lyk soos die wat ons tuis in pakkies koop. Maar dan word bakke vol van die fyn kokosneutvleis eers geweeg deur Tarovi en aan die bopunt van die warmplaat uitgegooi vanwaar Ema dit oopsprei. Op die plaat is daar reeds paar oopgespreide hope wat sy kort-kort omdolwe en weer oopsprei sodat die hitte eweredig kan versprei. Aan die bopunt van die plaat is dit baie warm aangesien Ema hier die vuur stook vir die oond. Dit moet sowat ‘n halfuur op die warmplaat ‘droog’ vanwaar dit dan deur Tarovi in ’n buis met klein gaatjies gegooi word. Die word dan deur hom gepars met ’n hidroliese handpars wat al die olie na buite forseer. Dit word opgevang in ’n emmertjie en geweeg en word die gewig opgeskryf. Die saamgeparste kokosneutskraapsels word dan ook geweeg en word die gewig ook neergeskryf (dit word na die tyd aan die varke gegee as voer. En glo my, hulle is koelrond van vetgeid)

Indien die neute Vara bevat (sal nou vertel wat dit is) is die olie-inhoud ligter, maar indien dit nie Vara bevat nie, is die gewig van die olie swaarder en is die kwaliteit ook beter en helderder, en meer deursigtig. Elke liter word dan in ‘n 25 liter emmer gegooi. Dit word dan toegemaak en eenkant gehou totdat Tony weer met sy boot na die eiland kom om dit weer na Suva te neem waar dit dan deur hom en sy vrou gebottel en verpak word. Elke dag word sowat 20 tot 30 liter olie verwerk, afhangende hoeveel neute elke Maandag bymekaar gemaak is.

Nou omtrent die Vara. Wanneer ‘n kokosneut te lank op die grond le, begin aan die binnekant van die neut iets te groei wat Vara genoem word. (dis eintlik die saad binne-in die neut) Dis heerlik om te eet en is soms soet afhangende van hoe groot dit is. Indien dit baie groot is, is dit nie so lekker soet nie maar steeds eetbaar. Dit het ’n effense anderse smaak, en is ook sponsagtig in tekstuur en is die buitekant effens olierig.

Om te groei, neem dit van die olie uit die neut. Dit hou aan met groei totdat dit groot is en deur ’n klein ronde opening in die neut druk om dan nuwe blare en eindelik ‘n stam te vorm. Uit die ander 3 gaatjies kom weer wortels tevoorskyn wat dan in die grond vaspen en verder groei.

Ek en John het toe oral op die eiland geloop sodat hy my al die plekke kon wys. Ons is na die uitkykpunt van die ‘Bay of Islands’ vanwaar jy ‘n ongelooflike mooi uitsig het oor die aantal eilande in die baai asook ander eilande in die omgewing wat Mago insluit (spreek dit uit as Mango) wat aan Mel Gibson behoort wat hy so paar jaar gelede vir 15 miljoen USDollars gekoop het.

My bene wou later net nie meer nie, maar het ek bly loop om al die mooi plekke te sien. Ons is op en af, dwars en kruis oor die eiland, weer af na die boot en weer op en weer af. Dit het behoorlik gevoel of ek Tafelberg, of soos ek op my Facebook skryf - Kilomanjaro uitklim.

Die middag laat is ons terug boot toe waar Tony toe reeds in die water geduik het om af te koel teen die bloedige hitte. Ek het gaan le en as verskoning gebruik dat ek ‘n hoofpyn het aangesien hulle ook wou he ek in die see moes spring om af te koel. (min weet hulle dat ek eintlik nie goed kan swem nie en ek liefs grond onder my voete wil voel - hahaha. Ek hoop om hier maar te leer swem aangesien ek nie van dit sal kan wegkom nie)

Tuesday, August 31, 2010

My vaart van Taveuni na Vanuabalavu

Ek skryf op my Facebook dat ek op die Tau is en oppad na Vanuabalavu waar ek die volgende paar maande sal deurbring.
Nicola skryf as kommentaar : I’ll be there just as soon as someone donates enough money to my travel fund.

Ja, sal dit nie lekker wees om haar, of om enige van die ander vriende hier te kan he nie! Dis so geweldig mooi hier en wil ek so graag aan almal hierdie stukkie van die hemel kan wys.

Op nog ‘n muurpublikasie skryf ek dat dit 'snaaks' voel om te weet dat ek die tydslyn oogesteek het en dat ek “vandag gevlieg het, net om in gister te arriveer” Maar soos Neville terug antwoord : Our own supersonic traveller.
Erika skryf weer : Awesome!
Ook wil sy weet of ek ‘n aandeel in die skryf van ‘Alice in Wonderland’ gehad het.

Maar intussen vaar ons steeds voort en seil ons teen skemer verby Naitauba, of ook bekend as die “Island of God”. Dit behoort aan Adidam-sektegroep. Dis ‘n 2000 hektaar grootte eiland en sowat 14 myl van Vanuabalavu. “God” soos Adi Da Samrajaka Da Free aka Bubba John aka Franklin Jones bekend staan en wat die hoof van die sektegroep was, is egter oorlede op die 28e November 2008 en hier op die eiland begrawe in 5 ton sout. Sover bekend is daar geen opvolger of 'n ander hoof van die sektegroep nie.

Volgens Tony was hy paar maal op die eiland om onder andere ook te help om mense met sy seiljag na die buureiland se hospitaal te neem. Hy kon egter nie veel sien nie aangesien alles streng bewaak word en geen persoon sommer net daar kan aankom sonder uitnodiging nie. Vir enige ander persoon wat nie aan die sektegroep behoort nie, is dit taboe en buite perke om ooit voet aan wal te sit!

Ek het so bietjie opgelees oor die groep en op die volgende gekom wat ek net so weergee :

Hier is die artikel in die Fiji Times :

Spiritual leader passes on
Friday, November 28, 2008
Adi Da Samraj, leader of a spiritual community based at Naitauba in Lau, passed away at his home on the island on Thursday.
Adi Da Samraj, 69, established Naitauba as his principal teaching retreat in 1983 and became a Fiji citizen in 1993.
Spokesperson for the Naitauba Trust, owner of the island, Matt Wilson said Adi Da Samrajs followers from many countries around the world would continue to maintain Naitauba as a centre for quiet study and contemplation for those who come there year round.
Courses at the Naitauba retreat programs focus on Samraj Adi Das teachings of spiritual self-realisation, tolerance, respect, the unity of humanity, world peace and cooperation.
He said Adi Da Samraj wrote many books about his beliefs.
He also encouraged his students to study the worlds great religious traditions.
Adi Da Samraj was a legal renunciate, who owned no personal possessions.
Mr Wilson said Naitauba is a significant contributor to the economy of the Lau Group.
"It provides employment and contributes to many social and educational causes including scholarships for students in the Lau and Cakaudrove provinces."

Volgens ‘n ander bron :

Adi Da Samraj aka Da Free John aka Bubba Free John aka Franklin Jones was an American-born guru who claimed to be the First, Last, and Only perfectly enlightened Spiritual Adept that had ever appeared on Earth or will ever appear in the future. He said that his own spiritual stature was superior to that of Jesus, Buddha, or any of the great spiritual figures from human history. The Adi Da Archives is a collection of materials written by critics who challenge this claim, and who present a different interpretation of Adi Da's life and teachings.
Adi Da was born in New York in 1939, and died of a heart attack at the age of 69 on November 27, 2008 at his home on a Fijian island owned by the religious organization he founded. He failed to resurrect from the dead, as hoped for by some devotees, who claimed he had recovered from several previous "deaths."

Ook het ek op ‘n vrou se skrywes op die internet afgekom wat een van sy navolgers was. Dit het behoorlik my hare laat rys en kon ek soms nie help om te ‘smile’ oor hulle onsinnige leerstellings en leefwyses nie. Ek haal een van haar paragrawe aan :

A man stood in the doorway, ashen faced.
"The Guru is very disturbed."
There was a small but noticeable lag between this announcement and a rustling of concern. I had a sense that for perhaps five or six seconds everyone in the room had been unwilling to pull their attention from the video to attend to a major spiritual crisis. "Can't this wait?" was the question I suspected popped into many minds but was not said out loud. But quickly everyone came to their senses and there were exclamations of worry and facial expressions of deep guilt.
"Everyone down to the main meeting room right away. We've got to turn this situation around."
Down in the meeting room everyone sat up very straight though they looked exhausted.
"Our response it totally inadequate. War has broken out in the Middle East and we're responsible.’
I knew in that moment that I had, beyond any shadow of a doubt, entered a realm of true madness. I pressed my back against the wall though this was considered a lazy and un-devotional way to sit. I looked around the room, unable to believe my ears. I also wondered how anyone knew of the war. Clearly, some people must have had access to the news, if the rumor was true.
"It is our lovelessness, our heartlessness, our inability to receive the Godman's love, that is fuelling this war," the priest continued.
Surely someone would object.
"I feel implicated by this," a woman said. "I can feel the hardness in my heart."I wanted to shout out, "Have you people all lost your minds? What are you saying? What are you believing? How can you possibly swallow this?"
But I sat perfectly still, my back held rigidly against the wall, all my muscles tight. I knew I was alone in my perception. If I spoke I would be convicted as the worst of the traitors, perhaps the one human being on the planet most responsible for this recent war.

Ja, wat sal ek se. Kan nie glo dat daar steeds sulke sektegroepe is wat sulke leerstellings aanhang nie.

En so kom ons toe die aand 8 uur by ons tuiste aan!

Monday, August 30, 2010

Die dag wat ek van Suva vertek het oppad na Vanuabalavu

21 Augustus 2010

Ek is ten laaste besig om in te pak vir my groot ekspidisie na Vanuabalavu. Ek het lank uitgesien na hierdie geleentheid en het sowat 2 weke aan’t huis by John in Lami, gebly. Dit was aangenaam, en het ek heelwat gedoen soos om onder andere foto’s op Facebook te laai (sjoe, harde werk) en ook inligting in te win oor Heuningbyproduksie en die aanplant van Sandalwood op die eiland van Vanuabalavu.

Soos genoem, is heuningbyproduksie een van die projekte waarmee die eienaars wil begin om meer geld in te win, bo en behalwe die VCO produksie wat reeds op die eiland in plek is. Ek sal dalk die geleentheid he om beide die projekte van die grond te kry, maar is daar egter nog heelwat navorsing en werk wat voor die tyd gedoen moet word. Ook kan dit ‘n duur uitgawe wees, aangesien al die bye (verkieslik Italiaanse bye), byekorwe en beskermde kleredrag aangekoop moet word. Maar as dit eers van die grond is, is dit net nodig om elke 3 weke na die bye om te sien. Verseker iets wat ek sal wil doen, maar daar is iets wat my laat tweekeer dink het toe ek hoor wat die kenners te se het oor bystekery!

Volgens reels, MOET jy ten minste eenkeer per maand deur ’n by gesteek word om jou immuniteit op te bou. Ouch! Dit het ek self van ‘n byekenner gehoor wat deesdae meer dikwels, en vrywilliglik ook nog boonop, gesteek word wat vir sy arthritis in sy hande help. Maar soos Leona, my vriendin, ook grappenderwys aan my gese het - “ Ag ten minste gaan jy ’n steek inky so elke nou en dan! ” Hahaha, ook net sy wat aan so iets sal dink! Maar laat ek verder skryf oor my uittog na Vanuabalavu.

Met my rugsak gepak is ek so te se gereed vir die tog na die eiland, alhoewel ek half onseker was wat om te verwag. Ek kom van ’n stad waar alles vrylik beskikbaar is en het geen ervaring van eilandlewe nie, maar voel in ‘n mate reg vir die uitdaging. Soos Erika in een van haar boodskappe aan my skryf : “ It always comes at a price, but man, it is worth it! ”

Ek en John het op Nausori-lughawe aangekom net buite Suva, die hoofstad van Fiji. Hy het die bakkie voor die terminaal geparkeer en het ek ons bagasie begin aflaai vanwaar ons per vliegtuig na Taveuni sou vlieg. Nie alles was behoorlik ingepak nie en het John nog ten laaste, paar lee bokse gekry om goed in te pak. Hy het by die inboektoonbank gaan vra vir kleefband en met die rol dun band daar aangekom om die lendelam bokse mee toe te plak. Genade, het ek gedink, hoe op aarde gaan hierdie bokse ooit toe bly aangesien dit lekkende vloeistof bevat? Dit sal mos nooit veilig aan die anderkant kom nie! As die boks omgestamp word, sal al die vloeistof uitloop, en sal dit katastrofies wees aangesien dit medisyne is vir die skape op die eiland. Die ander boks het brood, koue vleis en ander bederfbare kos in. En wat as die medisyne uitloop op die brood en vleis? Ek vra vir John wat gaan hy se as hulle vra wat in die sogenaamde medisyneboks is aangesien daar nie sulke tipe vloeistowwe op die vliegtuig toegelaat sal word nie, waarop hy toe net antwoord en se, “ O, dis alles kos. Hulle hoef nie te weet wat presies daarin is nie en dan behoort hulle dit deur te laat. ”

Die dame het my gevra of my rugsak beide van ons se bagasie bevat aangesien dit heelwat oorgewig was vir net een persoon. Sy bagasie is eerstens geweeg en is aan hom gese dat hy 18 Fijian Dollars moet inbetaal waarop hy toe paar goed uithaal en net sowat 12 FJD moes betaal.
Hy het eerste op die skaal geklim met sy bagasie, en ek daarna met alles wat ek met my sou saamvat.

Die vlug het sowat 45 minute geduur na Taveuni en was die uitsig asemrowend mooi. Ek het heelwat foto’s geneem van die atols en eilande onder ons. Die venster van die klein vliegtuigie waarmee ons gevlieg het, was egter nie helemal toe nie en het ek baie koud gekry weens die wind wat op my bly waai.

Ons het op Taveuni geland in mistige en reenerige weer. Die terminus was te kostelik en so piepklein, en het paar mense daar gewag om weer dieselfde vliegtuig na Suva te neem. Na al ons bagasie afgelaai is, is ons deur ‘n vriend van John opgelaai en na ’n nog kleiner hawetjie geneem van waar ons met die Tau ter see geseil het.

Thursday, August 19, 2010

Colo-I-Suva


Colo-i-Suva Forest National Park
 
Colo-i-Suva Forest National Park in Fiji is pronounced as 'tholo-ee-soo-va'.

It is managed by the National Trust of Fiji and is a mere 20 minutes from the capital Suva.

Fiji has a land area of 18,270 square kilometers. The terrain is mostly volcanic mountainous in origin. The climate is tropical. Given its marine proximity, there are only slight seasonal variations. Fiji, next only to Hawaii, is an important tourism destination in the Pacific. A large and growing number of tourists visit Fiji for a nature filled experience and the Col-i-Suva Forest Natural Park in Fiji is right in the lap of nature. Many tourists come to the Colo-i-Suva Forest National Park in Fiji to picnic and swim.


Established in 1872, Colo-i-Suva Forest National Park in Fiji is a two and a half square kilometres of verdant rain-forests renowned for tropical flora and birds. There are about four and a half kilometres of natural trails ploughing through the forests and natural water bodies to swim in.



The Waisila Creek flows through the Colo-i-Suva Forest National Park in Fiji making its way to to Waimanu River. It is the water catchment for Nausori and Nasinu creek. African mahogany, planted in the 1940s and 1950s, stands apart from the the older, more attractive vegetation.



The Forest Park is between 122 to 183m (400-600ft) above sea level and is therefore both cooler and slightly wetter than Suva. It gets about 424cm (167in) of rain a year with some falling on average of 4 days a week. November – March are the wet months, while May – August is considered the dry season.

The mean annual temperature is a comfortable 24 degrees Celsius (3 degrees Fahrenheit) between February and July, the warmest and coolest months. The streams rise slowly but surely during very heavy rains.

Colo-I-Suva Forest Park is a delight. The early morning observer may well be the first to greet the unafraid Scarlet Robin and be scolded by the Spotted Fantail. The sounds of civilization fade as the bush deepens, and soon the twitter of the mixed flocks of Golden whistlers, Blue-Crested Broadbills, Slaty Flycatchers and Spotted Fantails take over, punctuated occasionally by the raucous screech of the Sulphur-Breasted Musk Parrot or the Resounding “woof” of a barking Pigeon.

Observe the Fiji Goshawk glide majestically – a bird you only find in Fiji, or the Blue-Crested Broadbill, found only in the Viti Levu rainforest; or you may hear the deep hollow call of the Barking Pigeon – a bird widely hunted, but safe here. Fiji white-eyes, Vanikoro Broadbills, Orange-Breasted Honeyeaters, Lesser Shrikebills, and other Small birds make their way noisily through the bush. Only the experienced twitcher will catch the glimpse of the shy Fiji Warbler in the undergrowth but all can hear their melodious duet. Golden doves too, are more often heard than seen as their abrupt ‘yap’ is delivered with the skill of a professional ventriloquist.
The Bird known as "Robin" in Fiji is an unrelated insect eater whose bright red breast will surprise New Zealanders who are used to seeing only Grey or Black Robins of the same family. The Golden Dove, Sulphur-Breasted Musk Parrot, Orange - Breasted Honeyeaters, Fijian Collared Lory and Blue-Crested Broadbill, all endemic to be found in the park, will impress Australians accustomed to brightly coloured birds.

Wednesday, August 18, 2010

Sandalwood




Some facts about Sandalwood in Fiji




Traditional Uses of Santalum yasi In Fiji.



In the Fijian tradition the use of sandalwood dust sprinkled on the heads of man and woman in wedding ceremonies varies in the 14 different Provinces of Fiji. It is used to signify that you belong to a chiefly clan for males, for females that you are still a virgin, for decorating the hair during this auspicious occasion and for scenting purposes. It is still a traditional practice used in most wedding ceremonies today. Due to the distribution of sandalwood in Fiji, in some parts where sandalwood is not available there are other traditional scented trees where their flowers and fruits are used for scenting and significance purposes during the wedding ceremonies.

In Fiji, Santalum yasi was sometimes transferred with the bride into her marriage and brought to the new village where her husband resides. This practice is still done today and perhaps this could have contributed to the distribution of sandalwood in Fiji. The heartwood of sandalwood is used for scenting oils, seeds or live seedlings are also being transferred through this process but will depend entirely on the locality while transferring. If the distance of transferring is short then live seedlings will be fine and if distance of transferring is far then seeds are mostly used.

An example of a sandalwood research work done in Tilivalevu, santalum yasi did not grow naturally at Tilivalevu and Mr. Jiuta Nakalawelawe sourced seeds from Naivaka Village, in 1980’s where his wife hails from, germinated the seeds in the village and planted the seedlings in the village green (rara). These seedlings have grown into mature sandalwood trees that were planted some 26 years back. And now uses these trees as a seed source for raising sandalwood seedlings.

A branch from mature sandalwood has also being used for a traditional wedding ceremony. The transferring of genetic material does not only take place during traditional wedding ceremonies but also in other traditional ceremonies and functions. The transfer of genetic plant materials in the ways mentioned above did have a great influence on the distribution of sandalwood in Fiji.
 
Chiefs are anointed with sandalwood scented oil during the traditional installation ceremony when they are first made chiefs and sandalwood dust sprinkled on the head. The significance is that it is chiefly attire during the traditional chiefly installation ceremony. The Fijian name given to this traditional ceremony is "kuna vagunuvi e dua na Turaga buli". This practice is still used today on all traditional chiefly installation ceremony.
 
It is not known that spiritual associations for sandalwood in Fiji. Perhaps in those primitive days, however the need arises to explore further to actually determine was it used for this purpose. Sandalwood in an article titled "In Search of Tagaloa: Pulemelei, Samaoan Mythology and Science", written by the Honorable Tui Atua Tupua Tamasese Taisi Tupuola Tufuga Efi, mentioned that sandalwood or asi is an important plant used in the Samoan "Liutafaga" and "Fono ma Aitu" ceremonies. In the article, it was also mentioned that "In Samoa one of the essential ingredients for performing liutofaga (a ceremony performed when disturbing a deceased person’s grave) would be sandalwood or sandalwood leaves. This is evidenced in the Samoan word for funerals falelauasi, meaning the house that is lined with sandalwood leaves. Sandalwood like incense is one of the essences of Samoan culture, particularly Samoan spiritual culture." This is just an example of a spiritual ceremony involving sandalwood.
 
Harvesting of Sandalwood In Fiji
 
Sandalwood exploitation in Fiji started way back in the 1800’s when the first European settlers arrived in Fiji on the coasts of Bua Bay. It is not known the volume of sandalwood harvested in those days and how well did the resource owners benefited from the sandalwood exploitation by the European settlers. Today sandalwood is still harvested in most parts of the country where this valuable resource still exists.
Yasi is a small tree, up to 10 m tall and 40cm dbh (diameter breast height). Trees have a sparse crown and irregular branching habit. It is semi-parasitic with the roots attaching to the roots of other host trees like citrus, guava and hibiscus, in order to obtain water, some mineral nutrients and possibly also some organic nutrients. Yasi plants growing in association with well-adapted hosts are able to withstand periodic dry conditions and infertile soil. Even when grown under optimal conditions, with a good selection of hosts, yasi is slow growing taking 25 - 30 years to attain harvestable size.
Sandalwood harvesting involves the felling of the tree, uprooting of roots and removing the sapwood as sandalwood heartwood is where bulk of the sandalwood oil (santanol) is contained within. The local markets of Fiji have different approaches when purchasing sandalwood from the resource owners. Some purchase sandalwood without the sapwood removed, some purchase only when sapwood is removed, while some purchase sandalwood with the sapwood removed and also the sapwood chips.

The age of the sandalwood tree could also have the different purchasing prices and also the different parts of the sandalwood tree e.g. the roots have the highest levels of heartwood present, while the stem and branches have lower levels present within. Most of the domestic markets process the sandalwood further to meet the requirements of the international markets e.g. by processing the heartwood into dust or chip form and there are three plants in Fiji now that are able to extract oil from sandalwood. Approximately 60 % of the total sandalwood purchased is exported to international markets while the remaining percentage is used locally for production of sandalwood products such as perfumed oil, perfumed soap, scented candles, etc.

A socio economic research study was undertaken in 2007 on Lakeba Island in the Lau Group to study the volume of heartwood and sapwood of 26 year old sandalwood trees and that is when they are matured and heartwood have developed fully. Results from this research study showed that the Indian sandalwood are vigorous and have a higher percentage of heartwood than the sapwood while to the Fiji sandalwood has a low percentage of heartwood compared to the high percentage of its sapwood.

International markets have a strong interest with the Fiji sandalwood due to the high quality fragrance of sandalwood oil produced. According to the local markets exporting sandalwood produce, Fiji sandalwood is mostly used for the production of the base fragrance in some of the well known sprays e.g. the Arden products, Christian Dior, etc. This could be one of the reasons why the local markets are processing the sandalwood further into dust, chip form and extracted oil before they export sandalwood. In Saudi Arabia, it is their tradition to wear sprays made from sandalwood.
 

Monday, August 16, 2010

Vanuabalavu - the little island in the Fiji group


Vanuabalavu
Some information on 'my island'

Fiji's final frontier, the Lau islands are scattered across the southwest corner of Fiji's vast archipelago like a rash of green spots on the skin of the Pacific Ocean. The 57 isles of Lau are subdevided into northern and southern Lau. Vanuabalavu and Lakeba are the only 2 of the 30 or so inhabited islands that see some visitors from time to time.

Lau first came into contact with Europeans in the 1800 when the American schooner Argo was wrecked east of Lakeba. Fijians from Oneata island looted the wreck for muskets and gunpowder, and the sailors lived with the islanders until they were killed in disputes. The whole region was dominated by the Tongan's in the mid 19th century. In 1847, Tongan nobleman Enele Ma'afu, cousin of King Taufa'ahau of Tonga, led an armada of war conoes to Vanuabalavu to investigate the killing of a preacher. After the later murder of 17 Wesleyans, Ma'afu took Vanuabalavu by force and subjected its inhabitants. The Tongans assisted in local Fijian wars in return for protection by Chief Cakobau of Bau. In 1855 Ma'afu had become a powerful force in the region and throughout much of Fiji. He was one of the signatories to the Deed of Cession to Britain and became officially recognised as Roko Tui Lau (Protector of the Tongans of Vanuabalavu) He died in 1881 and his title was passed to the Tui Nayau (Traditional Fijian Chief of Lau)

The biggest village on the island is that of Lomaloma on the southeast coast, and you will find a couple of general stores and schools, as well as a post office. In the mid 19th century Tonga conquered the island and the village of Sawana was built next to Lomaloma. Houses have rounded ends and show the influence of Tongan architecture. The first Fijian port was found here, and in its heyday Lomaloma had many hotels and shops, as well as Fiji's first botanical gardens, though little remains of its past grandeur.

Hiking is the most accessible activity and is relatively unexplored in terms of diving. The Fijian government protects the waters, and commercial fishing is prohibited in the area. Snorkeling is the next best way to experience the reefs and marine life. Sailing around the Lau group requires a special permit.

Vanuabalavu is 170 km notheast of Suva and about halfway to Tonga and has a grass airstrip. Arguably also the most scenic of Lau's islands, it is enigmatic in shape and substance. Averaging about 2km wide, it resides with 8 other smaller islands inside a barrier reef. The interior is scattered with rugged hills and pristine and sandy beaches ring the perimeter. The celebrated Bay of Islands sits in the northwest pocket and is a spectacular site for diving, kayaking and swimming. Within the limestone hills is Vale Ni Bose (House of the Gods), a gaping cave with limestone walls and a pool of crystalline water. On a clear day, the hazy green shape of Taveuni is visible across a 115km stretch of open sea.

One week after full moon in November, the people of Vanuabalavu witness the annual rising of the Balolo (tiny green and brown sea worms) At sunrise the Susui villagers on the southern most point of the island collect worms by the thousands and it is first soaked in fresh water, then packed into baskets and cooked overnight in a lovo (pit oven) The fishy-tasting baked worms are considered a delicacy.

There is also a freshwater lake near the village of Mavana, which is concidered sacred. The people of Mavana gather here annually for a fun ceremony authorised by their traditional priest. Naked except for a leaf skirt, they jump around the lake to stir up the muddy waters. This provokes the large fish known as Yawa (a type of mullet usually found in the sea) to spring into the air. It is believed that the male fish is attracted to the female villagers and thus easily trapped in the nets. Legend has it that the fish were dropped into the lake by a Tongan princess while flying over the island on her way to visit her lover on Taveuni.